1. Herwinning

Kleurvolle asblikke gaan van vandag af ons Helpies daaraan herhinner dat sortering en herwinning die taak is van elke verantwoordelike aardbewoner. Ouers is ook welkom om glas, blikkies, papier en / of plastiek skool toe te stuur waar ons dit namens u na die onderskeie herwinningsliggame sal neem.
2. Welpiebome
Om 'n boom te plant en die wonder van groei te beleef, is 'n wonderlike ervaring en voorreg. Elke graad 8 gaan aan die begin van sy / haar Helpmekaar 'journey' 'n Welpie-boompit ontvang. Hierdie boompit moet geplant, vertroetel en versorg word totdat die bome teruggebring moet word aan die einde van die Welpie se matriekjaar. Die bome sal dan verkoop word om verdere GROEN-projekte te finansier.
Die Welpies van 2010 sal aan die einde van Februarie 'n geelhoutboompit ontvang, tesame met instruksies wat noukeurig oor die vyf jaar gevolg moet word.
3. Helpie Parkbou

Ons wil graag nog 'n GROEN-tradisie by Helpmekaar begin : Helpie Parkbou. Tydens so 'n projek word daar in samewerking met JHB City Parks 'n park in 'n minder gegoede buurt tydens 'n marathon-sessie van 12 ure gebou. Nie net word gras, bome en struike geplant nie, maar klimrame en bankies word opgerig en geverf.
Hierdie projek word vir die derde termyn beplan en behels 'n groot mate van organisasie. Enige iemand wat deel van die projek wil wees, is welkom om Susan Keuris by die skool te skakel.
4. Inligtingspamflette
Helpmekaar gaan deur die jaar inligtingspamflette soos hierdie een aan u uitstuur. Die doel van die pamflet is om aan u inligting te verskaf rakende GROEN-projekte asook praktiese wenke vir GROEN-wees by die huis.
Indien u enige GROENERIGE diens aan die gemeenskap wil verskaf, is u welkom om in die pamflet te adverteer.
Recycled paper is made to the same standards as paper from virgin pulp. Moreover, recycled paper has features which make it more desirable than virgin paper, such as being more opaque, dense, and flexible.