
Hier is ‘n paar lusmakers uit die boek:
• “Rooster meer en braai minder… die enigste voordeel van kookolie is dat dit na gebruik in biodiesel omskep kan word.”
• “Besoek www.naamsa.co.za en leer meer oor jou motor se petrolverbruik… Onkunde is nie meer ‘n verskoning nie.”
• “Lê meer klem daarop dat jou kinders moet buite speel as om te bad… Moedig hul aan om tyd in die natuur deur te bring…”
• “Herrangskik die geute op jou dak sodat jy al die reënwater na een sentrale punt kan kanaliseer en só kan opvang.”
• “Belê in ‘n sonpaneel om water te verhit… Ongeveer 40% van jou elektrisiteits-rekening is te danke aan jou geyser.”
• “Koop eerder skootrekenaars vir jou besigheid … Skootrekenaars gebruik baie minder energie as gewone PC-rekenaars.”
• “Belê in ‘n motorfiets… ‘n Motorfiets kos heelwat goedkoper as die minimum taxi-tariewe.”