Be a hero. Save the planet. Go green.

Will The Next Great War Be Fought Over Water?


(Die volgende artikel het verskyn op die webtuiste 'www.therenewableplanet.com')

The prospect of a war fought over water has loomed on the horizon for decades. But, for most people, a water war still sounds like something that could only happen in the distant future. That may change in a hurry, as we may be on the cusp of the first full-blown water war of the modern era.
Madhya Pradesh, a state in central India, is currently amidst a water shortage so severe that it has led to bloodshed. Climate change has altered rainfall patterns in the region. This, coupled with the fact that water distribution in India is remarkably inequitable (those below the poverty line often have little or no access to municipal sources of clean water), has incited the violence.
Since last year, the amount of rainfall in the region has dropped dramatically. This has caused the levels in natural water sources to plummet at an alarming rate. The result of this is that access to clean drinking water has been shut for many citizens. The poor are the most affected. In some cases, they only have access to municipal water once a week.
This lack of access has forced some people to steal water. This is typically done by illegally tapping into municipal water pipes. These pipes often carry clean water through the slums to richer neighborhoods.
For those who must resort to theft in order to obtain water, the risks are great. The punishment for tampering with municipal pipes is often death. Reports out of India suggest that around a dozen people have been killed this year. Many more have been injured in fights with their neighbors, often over small buckets of water.
Clean Water Facts and Figures
More than a billion people on earth lack access to safe drinking water
A child dies every 15 seconds from diseases related to unclean drinking water
Water consumption rates are growing at more than twice the rate of the human population
At current rates, more than half the earth’s population may not have access to safe water by 2025

Helpie Parkbou 2010





CLAREMONT
Helpmekaar het oor die afgelope twee jaar ‘n hegte verbintenis met Laerskool Claremont gesmee. Nie net het die legendariese Ruda Landman die Helpies oortuig om ‘n leesprojek by díe skool te begin nie, maar ook het ons hande uitgereik na die Claremont gemeenskap tydens die Helpie Gemeenskapsweek.
Verlede jaar het die Helpies nie-bederfbare voedsel en toiletware vir 10 behoeftige gesinne van die skool ingesamel. Ons het ook 160 graad vier en vyf leerders bederf op ‘n welverdiende uitstappie na die dieretuin. Dit was juis tydens ons besoeke aan die skool dat ons nie kon help om die haglike toestande van die behuising rondom die skool waar te neem nie. (Lees meer op die volgende webwerf : www.joshco.co.za/newsletters_2008/HousTalkQ4_20078.pdf.)
Die kinders van Laerskool Claremont woon grotendeels in woonstelblokke of tuinhuisies waar daar geen voorsiening gemaak is vir speelplek of parkies nie. Die sypaadjies het geen plaveisel of bome nie, en kinders word genoodsaak om maar in die stof rond te speel.
Helpmekaar het Johannesburg City Parks einde Maart 2010 genader om toestemming te verkry om ‘n park in Antoinette straat in Claremont op te rig. Mnr. Fouch Fouche van City Parks, ouer van Nicky wat in 2009 by Helpmekaar gematrikuleer het, het dadelik weggespring en die nodige reëlings met die stadsraad getref. City Parks is só opgewonde oor die projek dat hul reeds vir ons ‘n hele paar skenkings vir bome en gras gereël het.
Dit is dus met trots dat die Helpmekaar Groenprojek aankondig dat ons op Vrydag 26 Oktober 2010 ‘n volledige park in Claremont gaan oprig in ‘n rekordtyd van 12 ure. Hierdie marathon-parkbou sal dan ook die kern van die Helpiefees van 2010 vorm.
Leerders wat belangstel om deel te wees van die Parkbou-komitee het reeds hul name by Me. Susan Keuris opgegee, en daar word reeds baie deeglik beplan om ‘n reuse sukses van hierdie projek te maak.
Ouers wat graag ‘n bydrae van enige aard tot die projek wil lewer, is welkom om Susan Keuris by die skool te skakel (susan.keuris@helpmekaar.co.za). Indien ‘n ouer deel is van ‘n maatskappy wat graag so ‘n groenprojek wil borg, is u ook welkom om ‘n bemarkings-CD aan te vra wat u aan u maatskappy kan voorlê. Skenkings in die vorm van kontant, bome of gras sal waardeer word.
Helpmekaar is trots op ons Helpies se ‘Gaan-Groen-attitude’. Stadig maar seker maak ons ‘n verskil!

‘Going Green – 365 ways to change our world’

Simon Gear, bekende weerman en nou ook skrywer van formaat, het ‘n eg Suid-Afrikaanse groen-handleiding gepubliseer. Die boek bevat 365 idees en praktiese wenke vir die hoe, waar en wanneer van groenwees. ‘n Wonderlike idee vir ‘n geskenk of pronkstuk vir die koffietafel!
Hier is ‘n paar lusmakers uit die boek:
• “Rooster meer en braai minder… die enigste voordeel van kookolie is dat dit na gebruik in biodiesel omskep kan word.”
• “Besoek www.naamsa.co.za en leer meer oor jou motor se petrolverbruik… Onkunde is nie meer ‘n verskoning nie.”
• “Lê meer klem daarop dat jou kinders moet buite speel as om te bad… Moedig hul aan om tyd in die natuur deur te bring…”
• “Herrangskik die geute op jou dak sodat jy al die reënwater na een sentrale punt kan kanaliseer en só kan opvang.”
• “Belê in ‘n sonpaneel om water te verhit… Ongeveer 40% van jou elektrisiteits-rekening is te danke aan jou geyser.”
• “Koop eerder skootrekenaars vir jou besigheid … Skootrekenaars gebruik baie minder energie as gewone PC-rekenaars.”
• “Belê in ‘n motorfiets… ‘n Motorfiets kos heelwat goedkoper as die minimum taxi-tariewe.”
Around 75 percent of the earth’s surface is covered with water, but only 3% of that is fresh water. Over 90% of the world's fresh water supplies are located in Antarctica.

Helpmekaar gaan groen.

Deur:Louise Glatthaar

As jy nog nie die kreatiewe plakkate oor Helpmekaar se Groenprojek in die gange gesien het nie, is jy óf blind, óf een van daardie kinders wat altyd afwesig is. Hierdie jaar is die projek selfs groter as rugby, glo dit as jy wil, en Juffrou Susan Keuris, geliefde wetenskaponnie, beplan groot dinge.

Dit is hoog tyd dat Helpmekaar ook “GROEN” raak, want ons kan dit nie ontken nie: die mensdom mors en besoedel asof dit uit die mode gaan. Juffrou Susan het besluit om 'n nuwe mode te begin, 'n groen mode. Almal wat haar ken, weet dat sy redelik passievol kan raak oor 'n saak, en sy is behoorlik besig om iedere Helpie op te kommandeer vir die stryd teen koolstofdioksied en rooivleis.

Nou wonder almal net waar haar passie hiervoor vandaan kom. Hier is dit nou, uit die perd se bek: “Dertien jaar gelede was ek 'n Wiskunde-student by Tukkies met drome om 'n astrofisikus te word. Ek was juis besig met navorsing in Sutherland in die Karoo toe ek op 'n boek afkom wat deur 'n Oosterse Meester, Ching Hai, geskryf is. Haar boek het my laat besef dat elke mens 'n verantwoordelikheid teenoor ander mense en die planeet het. Nie die abstrakte, hoogdrawende geestelike verantwoordelikheid wat net eindig in lippetaal nie, maar 'n praktiese, uitvoerbare verantwoordelikheid wat deel moet uitmaak van jou daaglikse lewe.

“Dit was dus tot-siens-astrofisikus en hallo-wetenskaponnie. Min mense verstaan hoekom mense kies om eerder 'n onderwyser as 'n astrofisikus te word, maar min mense besef dat dit die mees ideale geleentheid is om jongmense konstruktief te beïnvloed.

“Die eerste jare in die onderwys was vir my 'n groot ontnugtering. Dertien jaar gelede wou niemand in Suid-Afrika hoor van globale verwarming of ons 'verantwoordelikheid teenoor die omgewing, diere en die planeet' nie. Die feit dat ek toe al 'n volkome vegetariër (geen vleis, vis, hoender of eiers) was, het al klaar veroorsaak dat ek as 'anders' geklassifiseer is.

Om 'n vegetariër te wees, of om 'groen' te wees, is al lankal mode in Europa, Australië en Amerika. Maar Suid-Afrikaners was nog altyd die laaste nasie op aarde om te verander. As dit nie in 'n blikkie is wat om 'n braaivleisvuur gedrink kan word nie, of as dit nie op 'n Saterdagmiddag oor 'n veld geskop kan word nie, stel min Suid-Afrikaners daarin belang.
“Gelukkig het tye verander en het talle Suid-Afrikaners nou tot die internasionale stryd toegetree om meer 'groen' te lewe. En al doen sommige mense dit omdat 'groen' die nuwe inding is, glo ek die planeet is te dankbaar dat daar wel iets gedoen word.”

Daar het julle dit, en ek glo dat soos met alles, Helpmekaar ook 'n sukses van dié saak sal maak.

Helpmekaar Groenprojek 2010

2010 beloof om vir elke Helpie die begin te wees van 'n lewenslange Groen- 'commitment'. Helpmekaar wil graag leerders die geleentheid gee om 'n verskil te maak deur aktiwiteite soos…

1. Herwinning
Kleurvolle asblikke gaan van vandag af ons Helpies daaraan herhinner dat sortering en herwinning die taak is van elke verantwoordelike aardbewoner. Ouers is ook welkom om glas, blikkies, papier en / of plastiek skool toe te stuur waar ons dit namens u na die onderskeie herwinningsliggame sal neem.

2. Welpiebome
Om 'n boom te plant en die wonder van groei te beleef, is 'n wonderlike ervaring en voorreg. Elke graad 8 gaan aan die begin van sy / haar Helpmekaar 'journey' 'n Welpie-boompit ontvang. Hierdie boompit moet geplant, vertroetel en versorg word totdat die bome teruggebring moet word aan die einde van die Welpie se matriekjaar. Die bome sal dan verkoop word om verdere GROEN-projekte te finansier.
Die Welpies van 2010 sal aan die einde van Februarie 'n geelhoutboompit ontvang, tesame met instruksies wat noukeurig oor die vyf jaar gevolg moet word.

3. Helpie Parkbou
Ons wil graag nog 'n GROEN-tradisie by Helpmekaar begin : Helpie Parkbou. Tydens so 'n projek word daar in samewerking met JHB City Parks 'n park in 'n minder gegoede buurt tydens 'n marathon-sessie van 12 ure gebou. Nie net word gras, bome en struike geplant nie, maar klimrame en bankies word opgerig en geverf.
Hierdie projek word vir die derde termyn beplan en behels 'n groot mate van organisasie. Enige iemand wat deel van die projek wil wees, is welkom om Susan Keuris by die skool te skakel.

4. Inligtingspamflette
Helpmekaar gaan deur die jaar inligtingspamflette soos hierdie een aan u uitstuur. Die doel van die pamflet is om aan u inligting te verskaf rakende GROEN-projekte asook praktiese wenke vir GROEN-wees by die huis.
Indien u enige GROENERIGE diens aan die gemeenskap wil verskaf, is u welkom om in die pamflet te adverteer.

Recycled paper is made to the same standards as paper from virgin pulp. Moreover, recycled paper has features which make it more desirable than virgin paper, such as being more opaque, dense, and flexible.


Recycling one stack of newspapers about 6 feet tall saves the life of one tree 35 feet tall.
Recycling approximately 1 ton of newspaper saves 17 trees.

'n Ongemaklike waarheid…

Vra enige iemand wat die hoofoorsaak van globale verwarming is en die antwoord sal 9 uit 10 kere wees : die vrystelling van koolstofdioksiedgas. Die waarheid is egter dat daar 'n gas is waarvan die bydra tot globale verwarming 20 keer meer is as díe van CO2 – metaangas (CH4)!
Metaangas (CH4) is 'n kweekhuisgas wat gevorm word deur verrotte plantmateriaal en uitgeskei word deur veediere. Huidiglik word daar 'n kommerwekkende hoeveelheid CH4 vrygesel deur die smeltende Arktiese Oseaan.

Die volgende is 'n uittreksel uit 'n artikel wat in die tydskrif Yale Environment 360 (e360.yale.edu) in Oktober 2008 verskyn het:

“Until 2003, concentrations of methane had remained relatively stable in the Arctic Ocean and the atmosphere north of Siberia. But then they began to rise. This summer, scientists taking part in the six-week International Siberian Shelf Study discovered numerous areas, spread over thousands of square miles, where large quantities of methane — a gas with 20-times the heat-trapping power of carbon dioxide — rose from the once-frozen seabed floor.

One thing is certain: the shallow Siberian Shelf alone covers more than 1.5 million square kilometers (580,000 square miles), an area larger than France, Germany, and Spain combined. Should its permafrost layer thaw, an amount of methane equal to 12 times the current level in the atmosphere could be released, according to Shakhova. Such a release would cause “catastrophic global warming,” she recently wrote in Geophysical Research Abstracts. Among the many unanswered questions is how quickly — over years? centuries? — methane releases might occur.


Disappearing Arctic sea ice — summer ice extent was at its lowest level in recorded history in 2007 and almost hit that level in 2008 — also will warm the Arctic Ocean, since a dark, ice-free sea absorbs more solar radiation than a white, ice-covered one. In addition, warmer waters are pouring in from rivers in rapidly warming land regions of Alaska, Canada, and Russia, also increasing sea temperatures.”